Kies watter groep jy invul
'n Besoekstrokie, medisynekaart of 'n brief oor 'n siek kind is nie 'n siekbrief nie — kies dan “Siek — geen brief”.
Vul in van wanneer tot wanneer gewerk is — die app tel die ure self op.
Kies wie jou span invul terwyl jy weg is, en vir watter tydperk. Hy/sy sien dan jou span saam met hul eie vir daardie dae.
Watter ooreenkoms is oortree?
Die bonus kom in die Sage-lêer in sy eie kolomme — H "Bonus ure" en I "Bonus R" op 'TOTAAL einde Maand' — nie in Normale ure nie. Die lêers word dadelik herbou.
Kies die oortreding, beskryf die voorval, en teken — die vlak volg outomaties uit die Skedule van Oortredings.
⚖️ Kennisgewing van verhoor — dit is géén waarskuwing nie: die sanksie word by die verhoor besluit. Gee die werker minstens 3 dae om voor te berei.
⚠ Toetsbewys vereis — laai 'n foto of PDF van die toets-uitslag op (bv. blaastoets / dweltoets).
— of laai eerder ’n papier-waarskuwing op wat reeds op papier geteken is —
Waarskuwing vir oortreding van die Behuising- of Verblyfooreenkoms.
📷 Foto-bewys (opsioneel) — bv. skade, geraas-toneel of ongemagtigde struktuur. 'n PDF-verslag werk ook.
— of laai eerder ’n papier-waarskuwing op wat reeds op papier geteken is —
Kraamverlof is onbetaald deur die werkgewer (~4 maande); die werker eis UIF. Sy word nie as afwesig gemerk nie en haar Verlof/Siekverlof bly onaangeraak.
Tik die begindatum, dan die einddatum.
'n Werker verskyn eers op die register wanneer sy ID bevestig is.
Foto van die groen ID-boek se fotobladsy, of die slimkaart se voorkant (voeg gerus die agterkant by). 'n Geskandeerde PDF werk ook — dan net die een lêer.
Foto van die bank se bevestigingsbrief, of die bank se PDF-brief.
Vanaf die gekose Maandag tel die werker se dae as Permanent onder 'n nuwe Personeel Nommer; dae daarvoor bly seisoen, in hul eie loonlêer. Geslote of bevestigde loontydperke word nooit verander nie. Sy HR-lêer skuif saam indien een bestaan — anders sê die app so, en jy skuif dit self in Drive.
Vir 'n seisoenwerker wat met die verkeerde betaling geskep is. Hy hou sy nommer op die Seisoenale register; sy ure — ook dié wat reeds vasgelê is — gaan na die ander loonlêer, en hy word in die ander rondte bevestig: Maandae vir maandeliks, Donderdae vir twee-weekliks.